Asië · 12 dae · Begeleide groep

Die Japan Toer

Ontdek Japan se geskiedenis, kultuur en unieke landskappe — van Tokio se neonligte tot die stil tempels van Kyoto, in die "Cherry Blossoms"-tyd.

📅 November 2026 🕐 12 dae 🏥 Vanaf R79 950 p.p.
Ook in 2027Tentatief 17 – 28 Maart 2027 · ongeveer R81 950 p.p.Sien 2027-program →
Duur
12 dae
Roete
Tokio · Kyoto · Osaka · Hiroshima
Vertrek
November 2026
Vanaf
R79 950 p.p.
Oorsig

Twaalf dae deur die land van die opkomende son

Hierdie reis vat jou van die bruisende strate van Tokio na die antieke tempels van Kyoto, verby die ikoniese Mount Fuji, deur die heilige hertepark van Nara, en tot by die ontroerende Vredespark in Hiroshima. 'n Perfekte mengsel van tradisie, tegnologie en natuurskoon — alles in 'n begeleide groep met 'n gids.

Mount FujiFushimi InariArashiyama-bamboeswoudNara se takbokkeHiroshima VredesparkMiyajima toriiShinkansen-rit

Dag-vir-dag reisplan

Dag 1

Vertrek na Tokio

Vertrek vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe na Tokio, met aandete aan boord. Japan is 'n land van ongelooflike tradisie én tegnologie, en die avontuur begin reeds wanneer jy in die vliegtuig stap.

Dag 2

Aankoms & Yokohama

Aankoms by Narita-lughawe en verwelkoming deur die gids. Ons vertrek na Yokohama vir 2 nagte — bekend vir sy moderne waterfront, rustige parke en 'n wonderlike balans tussen tradisie en kosmopolitaanse lewe.

Dag 3

Tokio-stadstoer

'n Volledige dag deur Tokio: Shibuya, Shinjuku, Harajuku en Omotesando. Shibuya is beroemd vir sy wêreldbekende kruising en energie, terwyl Harajuku die middelpunt van Japannese popkultuur en unieke mode is.

Dag 4

Asakusa, Akihabara & Ginza

Senso-ji in Asakusa is een van Tokio se oudste en mees geliefde tempels. Akihabara is die mekka van tegnologie, anime en speletjies, terwyl Ginza bekend is vir luukse winkels en fynproewers-eetplekke.

Dag 5

Hakone & Mount Fuji

Ons reis na Hakone vir uitsigte van Mount Fuji. Die Oshino Hakkai-dorpie is gevul met kristalhelder fonteine en tradisionele strooidakhuisies — ideaal vir foto's en 'n rustige Japannese ervaring.

Dag 6

Kyoto

Arashiyama se bamboeswoud is een van die mees gefotografeerde plekke in Japan. Die Goue Tempel skitter teen die water, en Fushimi Inari bied 'n betowerende staproete deur duisende oranje torii-poorte.

Dag 7

Nara

Die Todaiji-tempel huisves een van die grootste brons-Boeddhabeelde ter wêreld. Die takbokke in die park word as heilig beskou en beweeg vrylik tussen besoekers rond.

Dag 8

Osaka

Osaka-kasteel is 'n simbool van die land se feodale geskiedenis. Dotombori se neonligte en eetplekke skep 'n onvergeetlike naglewe-ervaring, en die Umeda Sky Building bied panoramiese uitsigte oor die stad.

Dag 9

Hiroshima & Miyajima

'n Volle dag in Hiroshima. Die Vredespark staan as 'n ontroerende herinnering aan die geskiedenis en die hoop vir wêreldvrede. Miyajima-eiland is bekend vir sy asemrowende "drywende" torii-poort en stil heiligdomme.

Dag 10

Terug na Tokio

Ons ry met die Shinkansen (bullet train) terug na Tokio. Die stad bied eindelose moontlikhede vir inkopies, museums en eet-ervarings — 'n unieke kombinasie van tradisie en moderne leefstyl.

Dag 11

Eie tyd & terugvlug

Na ontbyt het ons eie tyd tot 12:00 — perfek vir laaste inkopies of 'n rustige wandeling deur buurte soos Shinjuku Gyoen en Ueno Park. Daarna vertrek ons na Narita vir die terugvlug.

Dag 12

Aankoms in Johannesburg

Aankoms in Johannesburg met ongelooflike herinneringe aan Japan se skoonheid, kultuur en gasvryheid.

Vertrekdatums & pryse

Kies jou vertrek

Beskikbaar
November 2026
7 – 18 November 2026
R79 950 p.p. · dubbel/twin

Pryse is per persoon wat 'n dubbel- of twinkamer deel en is gekoppel aan wisselkoers- en vliegtuigkaartjieprysveranderinge. Enkelkamer-toeslag: R4 000 (2026).

Wat kry jy

Ingesluit by die toerprys

Ingesluit

  • Retoer-vliegkaartjie
  • Lughawebelasting
  • Alle ontbyte en middagetes
  • Alle stadstoere met gidse
  • Ingangsfooie by tempels, museums en die bamboeswoud (soos op die program)
  • Shinkansen-rit (bullet train)
  • Bootvaart by Miyajima

Nie ingesluit nie

  • × Paspoort, visum en reisversekering
  • × Vervoer na die lughawe in Johannesburg
  • × Fooitjies
  • × Opsionele uitstappies
  • × Sakgeld en drankies

Visum: 'n E-visa (teen koste) kan vir hierdie toer gekry word, so dit is nie nodig om na 'n ambassade toe te gaan nie. Ons help jou met die proses.

Bespreking: Met ontvangs van u deposito van R6 000 per persoon en u inskrywingsvorm word u plek bespreek.

Klaar vir Japan?

Kom ons bespreek jou plek

Stuur ons 'n boodskap, dan help ons jou met die inskrywingsvorm en die volgende stappe vir die November 2026-vertrek.

Goed om te weet

Vinnige vrae

Het ek 'n visum nodig?

'n E-visa (teen koste) kan vir hierdie toer gekry word, so jy hoef nie na 'n ambassade te gaan nie. Ons help jou deur die proses.

Wat moet ek betaal om my plek te bespreek?

'n Deposito van R6 000 per persoon, saam met jou inskrywingsvorm. Sodra ons dit ontvang, is jou plek bespreek.

Reis ek alleen — is daar 'n enkelkamer-opsie?

Ja. Die toerprys is gegrond op 'n gedeelde dubbel- of twinkamer. 'n Enkelkamer-toeslag van R4 000 (2026) geld as jy alleen wil bly.

Navrae