Met watter lugredery vlieg ons?
Ons vlieg hoofsaaklik met Air France en Emirates — na ons mening van die beste lugrederye tussen Suid-Afrika en Europa.
Hoeveel beloop die lughawebelasting?
Lughawebelasting (wat ook 'n brandstofheffing insluit) word in Amerikaanse dollar bereken. Dit hang dus af van die olieprys en wisselkoers en wissel van dag tot dag. Belangrik: dit is reeds by jou toerprys ingesluit, soos op die inskrywingsvorm aangedui — ons betaal dit met die aankoop van die vliegkaartjies.
Wat van al die vreemde geld?
Ons gee jou breedvoerig raad oor reisigerstjeks, kredietkaarte, wisselkoerse en belastings, sodat jy goed voorbereid is.
Wat van visums?
Op grond van wetgewing deur die Europese Unie mag ons nie meer namens jou vir visums aansoek doen nie. Ons gee jou egter volledige voorligting met die invul van die aansoekvorms en voorsien al die nodige dokumentasie en inligting vir jou aansoek.
Kan ons aansluitingsvlugte van die Kaap of Natal na Johannesburg kry?
Jy kan dit gewoonlik goedkoper self reël as wat ons dit kan kry, maar ons bespreek dit soms vir jou. Met Emirates kan ons soms direkte vlugte vanaf Kaapstad en Durban kry.
Hoe raak die veranderende wisselkoers die toerprys?
Die toerprys word bepaal deur die prys van die vliegkaartjie en die wisselkoers van die Rand teenoor die Euro. Solank die Euro binne die grense verhandel wat by elke toer aangedui word, bly die toerprys onveranderd. Buite hierdie grense word die prys met ongeveer R100 per 10 sent verandering in die wisselkoers aangepas.