Kontak Ons

Kom ons gesels oor jou volgende reis

Ons is 'n Afrikaanssprekende span met meer as 20 jaar se ervaring in begeleide toere oorsee. Bel, WhatsApp of e-pos ons gerus — ons help jou met graagte.

Reik uit

Hoe om ons te bereik

Ons belofte

Persoonlike diens, van begin tot einde

Ons sien onsself as die klein winkeltjie op die platteland — waar jy die eienaar op sy naam ken. Die voertaal op elke toer is Afrikaans, en jy is onder die sorg van jou toergids van Johannesburg af tot weer terug in Johannesburg.

Ons toerlede is byna almal Suid-Afrikaners, en ons sorg dat jy elke dag twee etes kry. Twyfel jy nog? Vra ons gerus vir 'n naamlys van vorige toerlede om mee te gesels.

So werk dit

Hoe om te bespreek

  1. Kies jou toer. Blaai deur die jaarprogram en kies die reis wat jou hart steel.
  2. Kontak ons. WhatsApp, bel of e-pos ons — ons stuur jou die inskrywingsvorm en beantwoord enige vrae.
  3. Betaal jou deposito. 'n Deposito van R6 000 per persoon bespreek jou plek.
  4. Maak reg om te reis! Ons help met visum-voorligting en alle besonderhede tot vertrek.
Het jy 'n vraag?

Lees ons algemene vrae

Van lugrederye en lughawebelasting tot visums, fooitjies en hotelle — ons het die antwoorde op die mees algemene vrae bymekaargesit.

Navrae