Kom ervaar Nederland, België, Frankryk en Switserland in die Europese somer — en beleef André Rieu se onvergeetlike opelug-konsert in sy tuisstad, Maastricht.
Hierdie reis vat jou van die Switserse Alpe by Luzern en Interlaken, deur die wynstreke van die Elsas, na die romantiek van Parys, die kanale van Brugge en die mode-stad Antwerpen, en eindig in Nederland — met die hoogtepunt van die toer: 'n plek by André Rieu se feestelike opelug-konsert in Maastricht. Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras.
Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal, met aandete en 'n drankie van jou keuse aan boord.
Land in Zürich en kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe. Ry na die pragtige Luzern met sy kapelbrug en hartroerende Leeumonument. Laatmiddag na ons berghotel by Engelberg.
Vanaf Engelberg kan ons — as die weer dit toelaat — per sweefspoor op die 3 239m hoë Titlis-bergpiek opgaan (opsioneel). Daarna wes na die kanton Bern met die mooi dorpe Lauterbrunnen en Brienz. Oornag in die pragtige Interlaken.
Ons reis na Frankryk se Elsas-provinsie, ons tuiste vir twee dae. Dié streek is bekend vir sy wyne — veral Riesling en Crémant-vonkelwyn — en is een van Europa se top 20 toeristebestemmings.
Verken die Elsas-streek met besoeke aan Colmar, Riquewihr en Eguisheim, waar ons van die jaar se lekkerste wyne proe (opsioneel).
Ooswaarts deur Frankryk se Champagne-streek verby Reims, die hoofstad van die borreldrankie, na die stad van ewige romantiek — Parys — vir twee aande.
'n Heeldag in Parys, met genoeg voorligting om jou eie ding te doen of saam met die toerleier te beweeg: die kunstenaarsbuurt Montmartre, die Louvre (opsioneel), inkopies op die Champs-Élysées of die Eiffeltoring (opsioneel).
Noordwaarts deur die Franse en Belgiese platteland na Brugge — die "Venesië van die Noorde" met sy kanaaltjies — met 'n stop by die mooi dorpie Gent. Slaap in die hartjie van Brugge.
'n Heeldag in die pragtige Brugge: 'n kanaalvaart (opsioneel) deur die stad, die Grote Markt, en Belgiese kant en sjokolade. Moet net nie vergeet om 'n Kwak of 'n Kriek te drink nie! Vanaand kan jy by enige van die restaurantjies binne loopafstand gaan eet.
Na Antwerpen, Noord-Europa se stad van mode en diamante, vir 'n oggend se kuier, voordat ons na Eindhoven in Nederland vertrek vir oornag.
Verken Eindhoven, en namiddag na Maastricht om die ongelooflike stadjie en atmosfeer te beleef. Om 21:00 begin die feestelike vertoning van die stad se geliefde inwoner, André Rieu — 'n hoogtepunt van die toer wat jy nie mag misloop nie! Oornag in Eindhoven.
Net na ontbyt na Amsterdam vir 'n vinnige besoek aan hierdie mooi stad, voordat ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Suid-Afrika die aand.
Land laatmiddag op JNB Internasionaal, stokflou na 'n baie aangename en opwindende toer.
Prys is per persoon wat 'n dubbel- of twinkamer deel en is gekoppel aan wisselkoers- en vliegtuigkaartjieprysveranderinge. Enkelkamer-toeslag word bevestig.
Die hoogtepunt: 'n Plek by André Rieu se feestelike opelug-konsert op die Vrijthof in Maastricht — sy tuisstad. Dit is wat hierdie somertoer só spesiaal maak.
Bespreking: Met ontvangs van u deposito van R6 000 per persoon en u inskrywingsvorm word u plek bespreek.
Stuur ons 'n boodskap, dan help ons jou met die inskrywingsvorm en die volgende stappe — en sorg dat jou plek by die André Rieu-konsert bespreek is.
Die vertrek is 23 Junie–5 Julie 2026, om saam te val met André Rieu se somerkonserte in Maastricht. Finale datums en pryse word bevestig.
Die konsert in Maastricht is die hoogtepunt van die toer. Kontak ons gerus vir die jongste besonderhede oor die kaartjies en sitplekke.
'n Deposito van R6 000 per persoon, saam met jou inskrywingsvorm. Sodra ons dit ontvang, is jou plek bespreek.
Ja. Die prys is gegrond op 'n gedeelde dubbel- of twinkamer. Die enkelkamer-toeslag word bevestig — kontak ons vir die bedrag.
Ons gebruik noodsaaklike koekies om die werf te laat werk, en opsionele koekies om te verstaan hoe die werf gebruik word. Lees ons Koekiebeleid.